TERME EN VOORWAARDES

Hierdie Terme en Voorwaardes is effektief vanaf 18 Augustus 2021

• Die gebruik van Helpmy-Leermy webblad (Hierna verwys na “hierdie weblad” of “die webblad”), is onderworpe aan die termes en voorwaardes, soos hieronder uiteengesit. Deur hierdie webblad te gebruik, stem jy in om te voldoen aan alle bepalings en voorwaardes, insluitend enige veranderinge daarvan.
• “U” of die “gebruiker” beteken enige persoon wat toegang tot hierdie webblad, vir enige doel het.

TREE IN WERKING

• Hierdie terme en voorwaardes tree in werking, sodra die gerbuiker vir die eerste keer toegang tot die werbblad verkry en is ‘n bindende ooreenkoms tussen Helpmy-Leermy en die gebruiker.

ALLE INLIGTING OP HIERDIE WEBBLAD

• Alle inligting op hierdie webblad is bedoel om die gebruiker met inligting rakende Helpmy-Leermy se kursusse (Hierna verwys na “produkte”) en dienste te voorsien.
• Alle inligting wat betrekking het tot die produkte en dienste, insluitend inligting met betrekking tot die termes en voorwaardes of enige ander sake, is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
• Die inligting voorsien op hierdie webblad is inlyn met die KABV-leerplanne. Terwyl Helpmy-Leermy daarin sal poog om te verseker dat alle materiaal wat op die webblad gepubliseer word op die tydstip van publikasie akkuraat is, gee dit geen waarborge oor die akkuraatheid van die inligting nie. U gebruik van die inligting is geheel en al op eie risiko en geen aanspreeklikheid sal ontstaan teen Helpmy-Leermy as gevolg van die gebruik van die inligting wat op die webblad verskaf word nie.
• U sal verantwoordelik wees vir enige gevolglike skade aan sagteware of rekenaarstelsels en/of enige gevolglike verlies van data wat veroorsaak word as gevolg van enige gebruik van hierdie webblad.

AANSPREEKLIKHEID

  • Onder geen omstandighede sal Helpmy-Leermy aanspreeklik wees vir enige skade, verslies, direk of indirek, spesiaal, toevallig of gevolglik nie, weens die gebruik van die webblad deur die gebruiker en die aanlyndienste of die inligting vervat op hierdie werbblad, of die gebruiker se onvermoë om hierdie webblad of die aanlyndienste te gebruik, ongeag of sodanige skade of verlies wat mag voortspruit van enige aard.
  • Helpmy-Leermy sal nie aanspreeklik gehou vir die volgende:
  • Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd, aflynsituasie of enige ander gebrek op die webblad of aanlyndienste, Helpmy-Leermy se stelsel, databasisse of enige ander komponente wat buite Helpmy-Leermy se redelike beheer val;Enige skade met betrekking tot die gebruikersdata of enige ander data, direk of indirek veroorsaak deur Helpmy-Leermy se stelsels, derde-partystelsels, kragonderbrekings, onwettige toegang, waar diefstal van data ingesluit is, rekenaarvirusse of vernietigende kodes op Helpmy-Leermy se stelsel of enige ander derde-partystelsels, of programmeringsdefekte;
  • Enige onderbrekings, abnormale werking of aftyd van dienste voorsien deur derdepartye, insluitend die derde-partystelsels soos die publieke telekommunikasie-diensverskaffers, internet-diensverskaffers, elektrisiteitsvoorsieners, plaaslike owerhede en gesertifiseerde owerhede of enige ander insident waaroor Helpmy-Leermy geen beheer het nie.
  • Die Gebruiker se aanspreeklikheid teenoor Helpmy-Leermy:
  • Die gebruiker is aanspreeklik teenoor Helpmy-Leermy vir enige laste, verliese of kostes aangegaan deur Helpmy-Leermy as gevolg van enige nie-nakoming deur die gebruiker van enige terme en voorwaardes.

DIE GEBRUIK VAN WEBBLAD

• U toegang, navigeer en die gebruik van hierdie webblad is onderhewig aan hierdie termes en voorwaardes. Deur die webblad te besoek, stem jy in, dat jy gebonde sal wees aan hierdie terme en voorwaardes vanaf die eerste keer dat jy toegang tot hierdie webblad het en ook dat die terme en voorwaardes effektief is na enige veranderings in die toekoms.
• Hierdie terme en voorwaardes sluit die PRIVAATHEID VERKLARING van Helpmy-Leermy in. Die verwerking van enige persoonlike inligting wat deur die gebruik van hierdie webblad deur Helpmy-Leermy verwerk en verskaf word, sal volgens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 geskied. Privaatheid Verklaring kan gevind word: Privaatheidsbeleid
• Die verwerking van alle persoonlike inligting deur Helpmy-Leermy word beheer deur Helpmy-Leermy se privaatheidsbeleid.
• Alle persoonlike inligting wat ingesamel kan word deur die interaktiewe kommunikasie wat deur hierdie webbblad verwerk en ontvang word, is onderworpe aan die Privaatheid Verklaring wat op hierdie webblad gepubliseer word.
• Die weergawe van die terme en voorwaardes wat op hierdie webblad van toepassing is, word aangedui op die effektiewe datum wat in die titel van hierdie webblad se terme en voorwaardes ingesluit is. Die datum wat in die opskrif van hierdie webblad se terme en bepalings aangedui word, is die effektiewe datum waarop die blad en die gebruik van hierdie webblad vanaf die datum bepaal word, totdat die volgende hersiening van hierdie terme en voorwaardes van die webblad van krag word.
• Deur Voort te gaan om deur die webblad te blaai of te gebruik nadat enige gewysigde bepalings en voorwaardes van krag geword het, stem u in om gebrind te wees deur die gewysigde bepalings en voorwaardes.

AANLYNDIENSTE EN -INLIGTING

• Helpmy-Leermy se aanlyndienste, -produkte en -inligting (“aanlyninligting”) is onderworpe aan registrasie.

DERDE-PARTY-INLIGTING

• Helpmy-Leermy mag die dienste van enige ander derde-party gebruik om inligting op hierdie webblad te verskaf. Helpmy-Leermy het geen beheer oor die derde-party se inligting en verskaf geen waarborge van enige aard met betrekking tot die akkuraatheid of toepaslikheid daarvan nie. Helpmy-Leermy sal nie direk of indirek verantwoordelik wees vir enige skade, in watter vorm ookal, wat mag voortspruit uit die gebruiker se gebruik van sodanige inligting nie.

GOEDEREREGTE (“Kopiereg”)

• Behalwe waar anders gedeel, word kopiereg in die HTML, teks, grafika, klankklippers, video-clips, bron- en/of objekkode, die logo en alle ander werke op hierdie webblad in besit van Helpmy-Leermy gevind, wat sy regte bewaar en behou, in hierdie verband.
• Toegang tot of die gebruik van hierdie webblad, sal op geen manier lei tot ‘n opdrag of lisensie van enige reg op eiendom wat deur Helpmy-Leermy of enige ander party besit word nie.
• Die inhoud van hierdie webblad mag nie sonder voorafgaande skriftelike toestemming van Helpmy-Leermy oorgedra, getranscribeer, gereproduseer, gestoor of vertaal word, in enige ander vorm nie.
• Helpmy-Leermy laat jou toe om die inhoud van hierdie webblad op jou rekenaar te vertoon, te druk, af te laai en te gebruik, welke beskikbaar op die webblad, op die volgende voorwaardes:
o Dit is vir u persoonlike opleiding en nie vir ‘n groep;
o Jy verander nie die inhoud van die materiaal nie;
o Helpmy-Leermy se webblad is die erkende bron, insluitend die verwysing (https://www.helpmy-leermy.co.za), en
o Helpmy-Leermy kan te enige tyd hierdie toestemming herroep.
• Geen ander gebruik van hierdie webblad word toegelaat nie. Sonder om die algemeenheid van die voorafgaande te beperk, mag u nie die inhoud van hierdie webblad kommersieel gebruik nie, insluitend die inhoud van hierdie webblad in of met enige produk wat u skep of versprei of die inhoud van hierdie webblad op u eie of ander se webblad, sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van Helpmy-Leermy. Navrae in hierdie verband, kan gerig word aan, info@helpmy-leermy.co.za.
• Die logo’s en handelsmerke wat op hierdie webblad verskyn, is Helpmy-Leermy se geregtistreerde en ongeregistreerde handelsmerke en nie die van derde partye nie.

INLIGTING ONTVANG EN GESTUUR

• Inligting ontvang en gestuur deur ‘n onversekerde koppeling oor die Internet, insluitend e-pos, is onderworpe aan potensiële onregmatige toegang of monitoring.
• Helpmy-Leermy het maatreëls uiteengesit in die Beskerming van Privaatheid beleid.
• Die gebruiker aanvaar dat Helpmy-Leermy nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies of skade wat gely word, deur die gebruiker, as gevolg van enige onwettige aktiwiteite deur enige ander persone nie, aangesien Helpmy-Leermy nie sodanige optredes kan voorkom nie
• Helpmy-Leermy mag onafhanklike verifiëring van enige inligting deur die gebruiker gestuur via die webblad of e-pos, laat verifieer van tyd tot tyd ten einde sodanige risiko’s te beperk.

BEPERKINGS

Helpmy-Leermy mag:

o Beperkings en Limiete stel op sekere dienste, funksies en kenmerke op webblad;’
o Toegang tot gedeeltes van die dienste en inligting op hierdie webblad, beperk;
o Hierdie Webblad wysig, opskort of beëindig, tydelik of permanent, sonder enige kennisgewings.

JURISDIKSIE

• Hierdie terme en voorwaardes word beheer deur die wet van die Republiek van Suid-Afrika. U as die gebruiker en Helpmy-Leermy as die webblad, stem saam om enige geskil wat voortspruit uit die gebruik van hierdie webblad tot die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika in te dien.

ALGEMEEN

• Hierdie terme en voorwaardes sluit die volledige ooreenkoms tussen u en Helpmy-Leermy in, tenopsigte van u toegang, navigeer en die gebruik van die webblad.
• Indien enige terme en voorwaarde deur ‘n hof met bevoegde jurisdiksie ongeldig geag word, sal die ongeldigheid van daardie term en voorwaarde nie die geldigheid van die oorblywende bepalings wat ten volle van krag bly, beïnvloed nie.

Get regular updates of new resources and news!

Sign up to our newsletter to stay informed!

We do not do "spam"! Read our privacy policy for more information.

Shopping Basket