LEERMETODES en hoe dit verskil
Elke mens het ‘n leerstyl, en elke mens het sy leerstyl sterkpunte. Dit is so individueel, soos ‘n handtekening. Geen leerstyl is beter of slegter as enige ander styl nie. Alle groepe – kultureel, akademies, manlik, vroulik – sluit elke soort leerstyl in.
Binne elke kultuur, sosio-ekonomiese strata of klaskamer is daar soveel verskille, as wat daar tussen groepe is.
KOM ONS KYK BIETJIE NA DIE DIEPER BETEKENIS, VAN DIE WOORDE –
“LEER” EN “LEERMETODES”:
Leer (werkwoord):
- verkry of verwerf kennis van ‘n vaardigheid in (iets), deur studie, ondervinding of deur onderrig te word.
Leermetodes (S.nw):
- enige aktiwiteit wat doelbewus aangepak word, of hulpbronne verskaf, om die leerproses op individuele, span- of organisatoriese vlak te help.
- verskillende metodes om nuwe inligting te leer of te verstaan, die manier waarop ‘n persoon inligting inneem, verstaan, uitdruk en onthou.
Daar is duidelik ‘n verskil tussen die woorde “leer” en “leermetodes”. Die een is die aksie, wat gedoen word en die ander een, is hulpmiddels vir die aksie, om suksesvol te wees.
DIT IS BELANGRIK OM TE WEET HOE ONS INLIGTING INNEEM:
Volgens die Dunns, het ons elkeen gewoonlik een dominante sterkpunt en ook ‘n sekondêre een. En, in ‘n klaskamer of seminaar, as ons hoof perseptuele sterkpunt nie ooreenstem met die onderrigmetode nie, kan ons moeilik leer, tensy ons kan kompenseer met ons sekondêre perseptuele sterkpunt.
Kinestetiese Leerders, leer deur fisies te doen – deur deel te neem aan werklike ervarings wat oor die algemeen direkte toepassing op hul lewens het.
Kinestetiese en tasbare leerders moet beweeg, voel, vat, doen – en as die onderrigmetode hulle nie toelaat om dit te doen nie, voel hulle uitgelaat, onbetrokke, verveeld.
Hierdie leerders is die hoofkandidate om moontlike te sukkel, in tradisionele skoolklaskamers.
ONS KRY DIE VOLGENDE 4 LEERMETODES/LEERSTYLE:
- Visuele Leer – Leer deur wat gesien word – Lees is hierby ingesluit.
- Ouditiewe Leer – Leer deur wat gehoor word.
- Kinestetiese Leer – Leer deur beweging – Skryf is hierby ingesluit.
- Tasbare Leer – Leer deur te voel – Skryf is hierby ingesluit.
Elke leerstyl word in die komende weke individueel bespreek. HOU DIE SPASIE DOP!
BRONNE:
G. Dryden, J. Vos, 2018, The new learning revolution, The learning Web Ltd.
Oxford Dictionary
www.cipd.co.uk